Hierdie gedig was geïnspereer deur die ware verhaal van Themba, 'n ses- maande-ou weesolifant wat aangemeem is deur Albert die skaap. Die twee vriende woon in 'n natuurreservaat in Suid Afrika. Twee klein stertjies het een dag ontmoet, Heel per ongeluk onder warm sonstrale het hulle gegroet: "Hallo, kom ons speel!" met swaaiende sterte wat wys.Hulle was nie dieselfde nie, tog albei was grys.Een het groot voete, die ander was korter;Een glimlag wyd, die ander se mond was kleiner.