Leesgenot 11

Malherbe Uitgewers
SKU:
9781776461639
|
ISBN13:
9781776461639
$14.63
(No reviews yet)
Usually Ships in 24hrs
Current Stock:
Estimated Delivery by: | Fastest delivery by:
Adding to cart… The item has been added
Buy ebook
Drie Verhale in een Simpel vroumense Willem van Breda hou niks van vroumense nie. Hy dink hulle sommer simpel goed, lastiger as 'n miljoen vlieë om die konfytpot, Vroumense moet altyd op een of ander manier sy lewe omkrap. Nou is daar nie net een nie, maar sommer twéé wat besig is om sy lewe oor te neem! As dit nie die een is nie, is dit die ander, soms al twee gelyk wat sy paaie kruis Dis 'n marteling. Hulle is absoluut oral. Op hom, oor hom, langs die pad, by sy vakansie, waar hy dinees bywoon en nou... Ja wraggies, tot in sy kantoor. Al wat hy vra met 'n groot smeek in sy hart, is dat ellendige vroumense van die aardbol af moet verdwyn. Ironies genoeg red die Drieka-vroumens hom elke keer op die een of ander komiese manier uit die mees onaangenaamste situasies. En toe verdwyn hy van die aardbol af. Een middag hou Drieka 'n geselligheid vir 'n paar vriendinne. En wie bars soos 'n tornado saam met die sestal meisies by haar deur in? Niemand anders nie as Willem.Lees nou maar self verder hoe Willem dié situasie hanteer... Die lag in jou oë Rita Botha vlug stad toe, weg van Adelsrust waar sy die afgelope ses maande geen vreugde geken het nie, weg van Jacobus, haar pastoor man, en die lede van sy kerk. In die stad word sy vinnig deel van Lizzie Meyer se 'familie'. Toe die bom bars en die rede vir haar wegvlug uit Adelsrust op die voorblad van die Sondagkoerant uitbasuin word, leer Rita die waarde van vriendskap en besef sy - alle mans is nie soos Jacobus nie. Daar is ook mans soos Pieter, iemand met lag in sy oë. Verlore Vrou Al wat Rieka haar lewe lank wou doen, was om mense gesond te maak en ʼn reisende praktyk te begin om na mense toe te gaan wat nie by haar kan uitkom nie. Alles was so in plek, perfek uitgewerk. Totdat Deon in haar lewe gekom het. Vir die afgelope vyftien jaar is dit genoeg om net 'n vrou te wees vir Deon en 'n ma vir haar twee kinders. Sy beskou dit as 'n voorreg om tuis te kan bly en haar gesin te versorg. Een Donderdagoggend toe sy weer oudergewoonte saam met twee van haar vriendinne kuier, vra Retha 'n vraag wat 'n massiewe onstuimigheid in Rieka ontketen en sy haarself byna verloor op 'n tipiese vrouweespad vol vrae, opstand en weerstand. 'n Vrouweespad wat heel bekend is aan ons wat ook al een of ander tyd in ons lewe die pad gestap het. Soekend na 'n identiteit wat ons vrouwees beaam.Stap saam met Rieka, voel en beleef haar verlorenheid - dalk erken jy jouself êrens langs hierdie pad en is haar vrae aan haarself ook joune. En wie weet, dalk vind jy jouself ook daar waar jy moet wees. Daar waar jy wíl wees. Dalk kan jy ook sê "Hoe volmaak is my lewe nie. Hoe sielsgelukkig is ek nie om Vrou te mag wees nie.


  • | Author: Marianne Fourie
  • | Publisher: Malherbe Uitgewers
  • | Publication Date: Jul 07, 2024
  • | Number of Pages: 208 pages
  • | Binding: Paperback or Softback
  • | ISBN-10: 1776461630
  • | ISBN-13: 9781776461639
Author:
Marianne Fourie
Publisher:
Malherbe Uitgewers
Publication Date:
Jul 07, 2024
Number of pages:
208 pages
Binding:
Paperback or Softback
ISBN-10:
1776461630
ISBN-13:
9781776461639