Sale Now on! Extra 5% off Sitewide

In die greep van ketters - of, Die Christen: Aantekeninge en essays oor godsdiens, geloof en ongeloof (Afrikaans Edition)

CreateSpace Independent Publishing Platform
SKU:
9781986050678
|
ISBN13:
9781986050678
$11.44
(No reviews yet)
Condition:
New
Usually Ships in 24hrs
Current Stock:
Estimated Delivery by: | Fastest delivery by:
Adding to cart… The item has been added
Buy ebook
WAAROOR GAAN HIERDIE BUNDEL? Seun word groot in 'n Christelike huishouding. Ernstig oor godsdiens as tiener en as jong volwassene. Word gekonfronteer met historiese ontwikkeling van sy godsdienstige oortuigings. Twyfel oor die "waarhede" waarmee hy grootgemaak is lei tot geloofskrisis. WIE IS DIE SKRYWER? Gebore op 29 Junie 1971 in Pretoria, in die Republiek van Suid-Afrika. Spandeer twee jaar in Suid-Korea as Engelse onderwyser tussen 1996 en 1998. Werk in Johannesburg vir ses maande in 1998. Vertrek na Kaohsiung, in die suide van Taiwan, in Januarie 1999. AANHALINGS "Toe, in my vroeë twintigs, het die sterk vermoede by my posgevat dat hierdie god gemaak is deur mense, soos die goue kalf wat die Israeliete gemaak het terwyl Moses op die berg was. Ek het oortuig geraak daarvan dat mense oor die verloop van eeue hierdie God van Woorde geskep het om dieselfde redes hoekom die Israeliete die goue kalf gemaak het ..." "Na 45 minute het ek uitgestap en ... ek was teleurgesteld. Teleurgesteld in die 'preek' wat hoofsaaklik bestaan het uit 'n pseudo-wetenskap/geskiedenislesing om te 'bewys' dat Christus werklik gesterf het." "Feit is, ons kan nie funksioneer sonder geloof nie - dat môre byvoorbeeld soos verlede Dinsdag moet wees in terme van werkskedule en ander aktiwiteite, is geloof. Ons kan slegs glo dat Napoleon of Julius Caesar of Aristoteles bestaan het; hulle kan nie ons sintuie oortuig dat hulle ooit bestaan het nie. Ons glo dat hulle bestaan het, omdat ons lees van hulle, of lees wat hulle geskryf het." "Hoewel die meerderheid lede van die gemeenskap van gelowiges nie die vaagste benul hiervan het nie, is die Christelike religie in die greep van ketters. Hierdie gelowiges resiteer alles woord vir woord wat die ketters hulle leer, Sondag na Sondag, preek na preek. Meer as dit, vele sogenaamde Christene doen hulle bes om die ketterse afdwaling van die Christelike leer so wyd te verkondig as wat hulle vermoëns hulle in staat stel." "Natuurlik glo vele Hindoes dis nonsens: hulle kan wys op miljoene mense se persoonlike ervarings wat aan hulle bewys dat Krishna werklik bestaan. Dieselfde met volgelinge van enige ander godsdienstige tradisie. Die vermoëns van enige mens met 'n vaste voorneme en 'n gevestigde belang in 'n spesifieke beskouing om bewyse te vind vir iets waarin hulle glo, kan nooit onderskat word nie." "Ek sè dus nie die persoon wat godsdienstige geskrifte raadpleeg wanneer hulle soek na 'n antwoord op die vraag van wat hulle met hul lewens moet doen, is primitief nie. Die skrywers van die betrokke teks was immers in hulle dag gerespekteer as gesaghebbende figure. Ek vra bloot: Hoekom nie 'n tweede mening oorweeg nie, veral as die mening redelik, en dalk relatief logies uiteengesit is?" "Die volgeling van Jesus, soos ek oor hom dink, sal nie veel waarde heg aan die identiteitetiket van 'Christen' nie. Hy sal net sy skouers optrek en sè jy kan hom noem wat jy wil. Al wat vir hom belangrik is, is om sy naaste lief te hè soos hy homself het." "As iemand beweer water kook teen 'n sekere temperatuur, en iemand anders kyk hom ongelowig aan en vra hoe hy dit weet, kan die een wat die bewering gemaak het eenvoudig 'n pot water op 'n warm plaat sit, 'n termometer daarin druk, en - voila! - na 'n paar minute is die bewering gestaaf. Indien die ander persoon wil argumenteer dat dit 'n vloekskoot was, kan hulle dit weer doen, of nog beter - die "ongelowige" kan dit self probeer, met presies dieselfde resultaat."


  • | Author: Brand Smit
  • | Publisher: CreateSpace Independent Publishing Platform
  • | Publication Date: Feb 27, 2018
  • | Number of Pages: 96 pages
  • | Language: Afrikaans
  • | Binding: Paperback
  • | ISBN-10: 198605067X
  • | ISBN-13: 9781986050678
Author:
Brand Smit
Publisher:
CreateSpace Independent Publishing Platform
Publication Date:
Feb 27, 2018
Number of pages:
96 pages
Language:
Afrikaans
Binding:
Paperback
ISBN-10:
198605067X
ISBN-13:
9781986050678