Die hart van 'n vrou ... die hartklop van 'n huis. Sy is die gom wat ʼn gesinaanmekaar hou en sy plaas haarself altyd tweede, staan sterk sonder omhaar kwesbaarheid te ontbloot. Maar, sy sal veg tot die dood toe wanneerdaar onreg aan iemand of iets vir wie sy lief is, gedoen word. In tye van noodsal sy intree, optree en jou stormloop sonder om twee keer, of aan dienagevolge, te dink. Nie net gister se vrouens nie, maar tot vandag toe nogstaan sy uit. 'n Hart van goud met 'n ysterhand.Haar kinders weet dat niks te groot is vir haar om te hanteer nie en haar manbesef dat sy sy hande sterk hou wanneer syne afgekap of swak is. Haardogter kyk op na die sterk vrou wat sy is en maak te alle tye staat op haarliefde en ondersteuning.ʼn Vrou is ʼn onbeskryflike wese met ʼn onbeskryflike invloed op haar geliefdesse lewens ... en wanneer daar 'n ou wyse vader by die huis op haar wag, ishulle so goed soos 'n weermag van honderd met die wysheid van Salomo.Raad wat jy al gehoor het en van geweet het, maar wat jy vandag weer moethoor. Luister tog, voor dit dalk te laat is. En moenie vergeet nie, baiebelangrik, 'n vrou wil liefgehê word ...
- | Author: Mari Ströh
- | Publisher: Independently Published
- | Publication Date: May 14, 2024
- | Number of Pages: 132 pages
- | Binding: Paperback or Softback
- | ISBN-13: 9798325659607
- Author:
- Mari Ströh
- Publisher:
- Independently Published
- Publication Date:
- May 14, 2024
- Number of pages:
- 132 pages
- Binding:
- Paperback or Softback
- ISBN-13:
- 9798325659607